top of page


'n Versameling deur Marcel Versfeld
Leierskap Brokkie 022
Johannes 3:30
Hy moet meer word en ek minder.
Ek het groot waardering vir sportlui wat erkenning aan God gee. Hulle het hard gewerk, ure geoefen en baie geld spandeer. Onthou julle Jaco vd Westhuizen se "Jesus is King" T-hemp wat hy onder sy rugby trui gedra het? Met die 2007 Super 14 finaal het hy vir almal gewys wie sy Koning is.
Gebed
Jesus, u is Here van my lewe. Ek erken u as die Koning van die konings, die Een voor wie almal sal buig. Help my om so op te tree dat almal sal sien wie my Koning is.
Amen.
Wanneer laas het jy erkenning aan God gegee as die Een wat Groter as jyself is?
Vraag van die dag
bottom of page
