top of page


'n Versameling deur Marcel Versfeld
Leierskap Brokkie 021
Johannes 3:27
Johannes het hulle geantwoord: “Niemand besit enige bevoegdheid om iets te doen as dit nie uit die hemel aan hom gegee is nie.
Onthou, elkeen wat invloed op 1 ander persoon het, is 'n leier. As ek 'n Pa van 'n gesin is, is daar 'n hele familie onder wie se outoriteit ek staan. As ek CEO van 'n maatskappy is, dan het ek 'n direksie aan wie ek moet rapporteer. Selfs Jesus het onder die outoriteit van Sy Vader gestaan.
Gebed
Here Jesus, ek erken u outoriteit oor my lewe. Ek is net 'n rentmeester van mense aan wie ek leiding gee. Help my om u voorbeeld te volg en met die bevoegdheid op te tree wat u vir my gee."
Amen.
Onder wie se gesag staan jy in jou besigheid, as ouer, as predikant, of watter posisie jy ook al beklee?
Vraag van die dag
bottom of page
