top of page


'n Versameling deur Marcel Versfeld
Leierskap Brokkie 020
Johannes 3:18
Wie in Hom glo, word nie veroordeel nie; wie nie glo nie, is reeds veroordeel omdat hy nie in die enigste Seun van God glo nie.
Ek onthou baie goed hoe ek gebloos en gestotter het toe ek vir die eerste keer vir iemand van Jesus vertel het. Die 2e en 3e keer was ook moeilik, maar hoe meer ek dit gedoen het, hoe makliker het dit geword.
Gebed
Here Jesus, dankie dat u hard en duidelik met mense gepraat het om in u te glo. Help ons om dit ook te doen, al is dit ook hoe moeilik? In Jesus se Naam. Amen.
Wanneer laas het jy vir iemand gevra of hulle in Jesus glo?
Vraag van die dag
bottom of page
