top of page
shepherd.jpg

Leiers is in staat om nuwe konsepte so te verduidelik, dat enigiemand dit kan verstaan.

Leierskap Brokkie 018

Johannes 3:4-5
Nikodemus vra Hom toe: “Hoe kan 'n mens gebore word as hy al 'n ou man is? Hy kan tog nie 'n tweede keer in sy moeder se skoot kom en gebore word nie?”
Jesus het geantwoord: “Dit verseker Ek jou: As iemand nie uit water en Gees gebore word nie, kan hy nie in die koninkryk van God kom nie.

As 'n jong predikantjie het ek gedink ek beïndruk mense deur hoë en moeilike teologiese terme in my preke te gebruik. Ek het gou agter gekom dat dit nie werk nie.

As 'n leier hoef ek niemand te beïndruk nie. Dis eerder my taak om dinge vir mense makliker te maak.

Gebed

Here Jesus, u voorbeeld om met kinders en slim mense soos Nikodemus te kon praat, is vir my 'n motivering. Help my om u Goeie Nuus met eenvoud aan mense oor te dra.
Amen.

Weet en verstaan jou personeel presies wat jy van hulle verwag?

Vraag van die dag

worXinu white.png

© 2023 by Michelle Hugo. Proudly created with Wix.com

bottom of page