top of page


'n Versameling deur Marcel Versfeld
Leierskap Brokkie 017
Johannes 3:3
Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.
Die beste en nuutste verandering wat ooit in my lewe plaasgevind het, was toe ek my lewe vir Jesus gegee het. Dit was op 'n Paaskamp in 1974. Heloïse van der Hoven het saam met my gebid. Ek is 'n nuwe mens omdat daar 'n nuwe geboorte in my lewe plaasgevind het.
Gebed
Dankie Jesus dat u my nuut gemaak het. Ek bid vir mense wat na die boodskap luister. Ek bid dat elkeen 'n geboorte van Bo af sal ervaar en nuwe mense sal word.
In Jesus se Naam. Amen.
Weet jy verseker dat jy hemel toe sal gaan indien jy nou sou sterwe? Indien wel, het jy al ooit vir iemand anders die vraag gevra?
Vraag van die dag
bottom of page
