top of page
shepherd.jpg

Leiers weet dat God by hulle is.

Leierskap Brokkie 016

Johannes 3:2
Een nag het hy na Jesus toe gekom en vir Hom gesê: “Rabbi, ons weet dat u 'n leermeester is wat van God af gekom het, want niemand kan hierdie wondertekens doen wat u doen, as God nie by hom is nie.”

My Pa het altyd kom kyk as ek 'n rugby wedstryd speel. Hy is langs die veld en ek op die veld. Hy kan my nie help nie, maar net die wete dat hy daar is, haal die beste uit my uit.

Gebed

Here, dankie dat u by ons is. Dankie dat u nie net 'n toeskouer is nie. U Heilige Gees is saam met ons op die speelveld. Met u by my, is ek vir niks bang nie. Amen.

Wanneer laas het jy by jou personeel se kantore of werkswinkel ingestap om sommer net by hulle te wees?

Vraag van die dag

worXinu white.png

© 2023 by Michelle Hugo. Proudly created with Wix.com

bottom of page