top of page
shepherd.jpg

Leiers het ‘n besondere kennis van mense.

Leierskap Brokkie 015

Johannes 2:25
Jesus het nie nodig gehad dat iemand Hom iets van 'n mens vertel nie, want Hy het self geweet hoe mense is.

Ek en Annette is al oor die 30 jaar getroud. Ons weet hoe die ander een dink en soms kan ek 'n sin voltooi nog voordat sy dit klaar gesê het.
Jesus is die Skepper God wat self ook mens geword het. Hy weet en het self alles ervaar wat ons beleef. Hy is die beste Leier en niemand kan met Hom vergelyk word nie.

Gebed

Jesus, dankie dat u my ken. U weet alles van my. U weet presies wat ek dink en beplan. U plan met my lewe is die beste. Amen.

Wat kan jy doen om die mense in jou besigheid, organsisasie, gemeente of familie beter te leer ken?

Vraag van die dag

worXinu white.png

© 2023 by Michelle Hugo. Proudly created with Wix.com

bottom of page