top of page


'n Versameling deur Marcel Versfeld
Leierskap Brokkie 013
Johannes 2:17
Toe het sy dissipels daaraan gedink dat daar geskrywe staan: “Die liefde vir u huis verteer my.”
Party mense se passie en motivering is aansteeklik. Ek het by Hennie Muller in Bloemfontein gekuier wat besig was om voor te berei vir die Midmar myl. Hy het my gemotiveer om ook te oefen. 3 maande later het ek die Platinum myl in 'n dam naby Pretoria gaan swem.
Gebed
Jesus, die oorgawe waarmee u op aarde geleef het is aansteeklik. Dit is so aansteeklik dat ek en duisende ander u voorbeeld volg. Help my om 'n passievolle leier te wees wat ander mense motiveer om soos U te wees.
Amen.
Is jou leierskap so motiverend dat jy ander mense aansteek om jou voorbeeld te volg?
Vraag van die dag
bottom of page
