top of page


'n Versameling deur Marcel Versfeld
Leierskap Brokkie 012
Johannes 2:11
Hierdie eerste wonderteken het Jesus in Kana in Galilea gedoen. Hy het daardeur sy heerlikheid laat blyk, en sy dissipels het tot geloof in Hom gekom.
Let op, sy dissipels het tot geloof in Hom gekom. Ek onthou 'n vriend van my wat vertroue as volg illustreer het. Sy seuntjie het teen 'n leer opgeklim voor in die kerk. Hy het in sy pa se arms afgespring sonder om bang te wees. Die dissipels het Jesus gevolg, omdat hulle Hom vertrou het.
Gebed
Vader, u is betroubaar, selfs al is ons nie. U het ons nog nooit in die steek gelaat nie. U is ons Anker en ons Rrots. Die wêreld om ons bewe, maar u staan sterk. Ons sal u volg. Amen.
Wat kan ek en jy as leiers doen om vertroue by ons volgelinge in te boesem?
Vraag van die dag
bottom of page
