top of page
shepherd.jpg

Leiers se identiteit is duidelik.

Leierskap Brokkie 011

Johannes 2:11
Hierdie eerste wonderteken het Jesus in Kana in Galilea gedoen. Hy het daardeur sy heerlikheid laat blyk, en sy dissipels het tot geloof in Hom gekom.

Ek dink aan ons toer deur Israel in 1989. Ek en Etienne Rossouw het 'n Joodse toergids gehad wat geweet het waarvan hy praat. Sy identiteit, kennis en ervaring was bo verdenking; ons kon glo wat hy ons vertel.
Die dissipels sien dat Jesus 'n wonderwerk doen deur water in wyn te verander. Nou weet hulle dat hulle Hom maar kan volg.

Gebed

Jesus, u identiteit as Messias en die seun van God is vir ons duidelik. Ons kan sien vanwaar u kom en wat u gedoen het. Juis daarom aanbid ons u.
Amen.

Weet die mense wat jou volg wie jy is en waar jy vandaan kom?

Vraag van die dag

worXinu white.png

© 2023 by Michelle Hugo. Proudly created with Wix.com

bottom of page