top of page


'n Versameling deur Marcel Versfeld
Leierskap Brokkie 010
Johannes 2:5
Sy moeder sê toe vir die kelners: “Wat Hy ook al vir julle sê, moet julle doen.”
Die wynlose troue was 'n verleentheid vir die familie. Maar vir die Skepper van hemel en aarde, die Een met absolute outoriteit, was dit nie 'n probleem nie. Met outoriteit verander Hy die molukulêre struktuur van die water om die beste wyn te word. Op 'n ander keer het Hy mos gesê "aan My is alle mag gegee in die hemel en op aarde..."
Gebed
Vader, u het Jesus die plek van hoogste outoriteit gegee wat daar is. Ek buig voor Hom neer. Leer my om met die outoriteit wat u vir my gegee het vandag op te tree.
In Jesus se Naam bid ek dit.
Amen.
Neem jy leiding met die outoriteit wat Jesus vir jou gee?
Vraag van die dag
bottom of page
