top of page


'n Versameling deur Marcel Versfeld
Leierskap Brokkie 009
Johannes 2:5
Sy moeder sê toe vir die kelners: “Wat Hy ook al vir julle sê, moet julle doen.”
John Maxwell se gunsteling leierskap stelling is: "Leadership is influence - nothing more, nothing less". Invloed word verdien. Maria, Jesus se ma, het self die invloed ervaar wat Jesus op haar en ander mense se lewe uitgeoefen het. Presies daarom sê sy "wat Hy ook al vir julle sê, moet julle doen."
Gebed
Here Jesus, u invloed strek baie wyd. Dankie dat u my lewe elke dag beïnvloed. Werk in en deur my om almal om my ook so te beïnvloed".
In u Naam bid ek dit.
Amen.
Wat doen jy vandag om iemand se lewe positief te beïnvloed?
Vraag van die dag
bottom of page
