top of page
shepherd.jpg

Leiers herken die karakter v mense.

Leierskap Brokkie 008

Johannes 1:47
Toe Jesus vir Natanael na Hom toe sien aankom, sê Hy van hom: “Hier is 'n ware Israeliet, 'n man in wie daar geen bedrog is nie.”

Ek het 'n paar sulke mense in my lewe ontmoet. Gert Basson, wat afgelope Desember aan Covit oorlede is, was so 'n man "iemand in wie daar geen bedrog is nie". Gert was 'n boer naby Vanrhynsdorp in Namakwaland. Gert was lief vir God. Hy was lief vir mense insluitende sy plaas arbeiders. Hy het saam met hulle gebid en Bybel gelees. Hy het saam met hulle gehuil en gelag oor die lief en leed van die lewe.

Gebed

Here Jesus, u sien mense se binnekant raak. Help my om nie na die buitekant te kyk nie. Help my om mense se karakter en waarde raak te sien en te waardeer.
Ek bid dit in u Naam.
Amen.

Kan jy verby mense se buitekant kyk en hulle binniste raak sien, die goud wat in elke mens verskuil lê?

Vraag van die dag

worXinu white.png

© 2023 by Michelle Hugo. Proudly created with Wix.com

bottom of page