top of page
shepherd.jpg

Leiers het die vermoë om nuwe betekenis / waarde v mense te gee.

Leierskap Brokkie 007

Johannes 1v42 "Hy het eers sy eie broer Simon gekry en vir hom gesê: Ons het die Messías gevind — dit is, as dit vertaal word, die Christus. En hy het hom na Jesus gelei." 

Ons lees nie veel van Andreas in die Bybel nie. As dit nie vir hom was wat sy broer Petrus na Jesus gelei het nie, sou ons seker nooit van Petrus gehoor het nie.
'n Baie goeie vriend van my het onlangs sy lewe opnuut aan Jesus gewy. Dit het my van blydskap laat dans.
Jou skoonmaker, huishulp, of jnr. personeellid, word gemotiveer wanneer jy hom of haar raaksien en erken.

Gebed

Here Jesus, dankie dat u my raakgesien het. Dankie dat u my so liefhet, dat u bereid was om u lewe vir my te gee. Help my om dieselfde vir ander mense te doen.
In Jesus se Naam bid ek.
Amen.

Het jy al die goeie nuus van Jesus met jou beste vriend, jou broer, suster of naby familie lid gedeel?

Vraag van die dag

worXinu white.png

© 2023 by Michelle Hugo. Proudly created with Wix.com

bottom of page