top of page
shepherd.jpg

Leiers moet plek voorberei vir ander wat na hulle sal kom.

Leierskap Brokkie 004

Johannes 1:23 "Hy antwoord toe:
“Ek is die een wat in die woestyn roep:
Maak die pad vir die Here reguit.”

Ek het al agter gekom dat ek eintlik nie so onmisbaar is as wat ek dink nie. Baie ander het my opgevolg en beter gedoen as wat ek kon. Lei so dat die wat na my kom op my skouers kan staan om verder en hoër te kyk as wat ek gekyk het.

Gebed

Here Jesus, selfs u het nie altyd gebly nie. U het gegaan en vir ons die Heilige Gees gestuur. Dankie dat ons nie alleen is nie.
Amen.

Hoe tref jy voorbereiding vir mense wat in jou voetspore sal volg?

Vraag van die dag

worXinu white.png

© 2023 by Michelle Hugo. Proudly created with Wix.com

bottom of page